top of page
small-group-scaled.jpg.webp

Welkom by die 
21 Treë
Dissipelskapprogram 

'n Reis van GROEI, INTERAKSIE en TRANSFORMASIE

21Treë

Jou pad na geestelijke volwassenheid, stap vir stap.

100% Aanlyn en 100% GRATIS

Leer waar jy is, wanneer dit jou pas - sonder grense - en dis 100% GRATIS! 

Leer teen jou EIE pas!

Geen druk, net konstante groei in Christus.

Word 'n Dissipelmaker

Hierdie reis gaan nie net oor JOU nie - vermenigvuldig wat jy leer!

Meeste mense wil geestelik groei, maar hulle is onseker oor wat die volgende stappe is.

'n Oorsig van die vyf fases en 21 Treë wat gevolg word:

Jou 21 Treë Pad - vir boekies copy.png

Iemand sal geestelik groei indien hulle weet wat die volgende tree is en indien daardie tree nie te groot is nie.
 
21 Treë is 'n omvattende interaktiewe aanlyn dissipelskap program wat 'n persoon neem van die punt van hoe om tot bekering te kom en eindig op om gereed te wees om dissipels te maak en te mentor.

Jou 21 Treë Pad - vir boekies copy 2.jpg

Hoe werk registrasie?

Picture 1.png

Klik op die registreer skakel bo-aan die blad.

Jy sal na ons diensverskaffer, CANVAS, se webtuiste geneem word waar jy binne een minute (nadat jy 'n profiel geskep het) toegang tot die program sal geniet.

As jy nie op jou selfoon die skakel kan sien nie, 'copy' en 'paste' die volgende skakel in jou 'browser' in om toegang te kry:

https://canvas.instructure.com/

enroll/MCKPYR

Register 2.png

Skep jou rekening.

Om 'n profiel te skep is nie net maklik nie, dis blitsvinnig! Vul jou epos in, klik op die "I am a new user" opsie, vul jou naam en van in, klik die laaste twee boskies en net so is die proses klaar.

Modules.png

Voltooi die program teen jou eie TEMPO en op jou eie TYD.


Daar is geen tydsbeperkinge op hierdie kursus nie. Jy kan dit teen jou eie tempo en op jou eie tyd voltooi. AL die nodige hulpmiddels (soos pdf-dokumente) is ook op die platvorm gelaai.

37-374927_apple-app-store-and-google-play-logos-app.png.jpeg

Laai die CANVAS 'toep' op jou foon af.

Jy kan die program op jou rekenaar sowel as op jou foon of tablet voltooi. Laai gerus die CANVAS STUDENT-toep af, maak die 'QR-code' onder jou 'Account' oop en koppel jou kurses met jou toep sodat jy enige plek, enige tyd die program kan voltooi. Kyk gerus na die video hieronder om jou hiermee te help.

Hoe om jou toep met jou rekening te koppel.

Nog studies deur Kruismedia

Gaan gerus na                                                                  vir nog vele meer GRATIS-eboeke en Bybelstudies.

Bybelstudie Kruismedia - Swartpng_edited_edited.png

Kontak ons gerus vir enige navrae.

small-group-scaled.jpg.webp
bottom of page